Monday 6 June 2011

Faktore van voerkraal

Weer
Die weer het 'n groot invloed oor hoe jou gewigs toename of verlies vir die week gaan lyk.
Alles met 'n 'te' voor aan is sleg vir jou beeste...bv. te-warm, te-koud, te-nat ens. ens.
Dit bring ook siektes soos vrotpoeitie as dit te nat is of longonsteking as dit nat en koud is.

Siektes
Siektes het net so groot of grootter invloed en het ernstige kostes ook verbonde.
As 'n kalf eers siek is tel hy nie gewig op soos nodig nie en jou medisyne kos ook boonop 'n klomp geld.

Dosering
Dit is belangrik om altyd op datum te bly met jou doserings en jou beeste so skoon moontlik te hou van enige inwendige en uitwendige parasiete om te voorkom dat hulle nie die siektes oor dra na mekaar toe nie.

Energie
Jy moet ook verhoed dat jou diere nie te veel rond hardloop nie,10 tot 15 m2 is voldoende per kalf in die voerkraal. Hoe meer energie hulle verbruik hoe minder gewig tel hulle op.

Hantering
As jy jou diere hanteer moet jy hulle so rustig moontlik hou om te voorkom dat hulle nie te veel "stress" nie. Elke keer as jy jou diere vervoer verloor hulle gewig en verloor jy geld.

Omdat voerkraal so intensief is en jou wins grens deur sofeel klein faktore beinvloed kan word sonder dat die prys op of af gaan, is dit belangrik om op te let vir die kleinste faktore wat jou toename in gewig kan beinvloed. As dit moontlik is moet elke dier tenminste een of twee mal per dag gesien word, net om te sien loop hy reg...hoe lyk sy maag ens.

Ons probeer ook om elke 2de week te weeg en nie elke week nie om die 'stress' te verminder.
Daar moet genoeg kos en eetplek wees vir almal sodat hulle nie onnodige energie verbrand deur te stoei vir kos nie.

Ons is nog klein en groei stadig maar soos die engelsman sal se:"WATCH THIS SPACE"!!!

1 comment:

  1. nou weet ek ook meer oor voerkraal... miskien kan jy meer verduidelik oor die groeihormone wat jul spuit... Hoe goed is die medikasie vir mense wat die vleis gaan eet?

    ReplyDelete