Monday 13 June 2011

Ons grondslag.

Ons wil net Gog dank vir al sy seeninge wat ons op die plaas van hom ontvang.

Ons het laas week in 24 uur met 'n paar uiterste elemente te doen gekry.
Dinsdag aand 7 Junie, die dag wat die wind so sterk was, het ons vuur geslaan op een van die buur plase om te keer dat ons weiding nie afbrand nie en het weer van viir besef dat wind en vuur saam nie maklik gestop word nie en jou vinnag kan uit pit. Seker so teen 20h00 die vuur geblis gekry.

So teen 22h00 het die weer gedraai.
Die wind het nog sterker begin waai en die reen het begin val. Net as jy dink dit kan nie harder reen nie, kom dit sterker af.
ons het 55mm reen die nag gekry.

Woensdag 8 Junie was dit vrek koud en als was nat.
Die pad wat net die week van tevore geskraap is en op turf gemaak is was 'n gemors. Een vir een moes ons almal deur sleep met 'n ou maar betroubare series 2A Land Rover.

Woensdag middag toe ons oor die brug by die plaas wou in, was die water oor die brug en kon ons nie by die plaas in nie. Ons moes bo oor die berg van een van die ander buurplase se kant af by die plaas in.

Watter dag van sports.

En net om te ontspan kon ons die aan Groet die grotman(in engels) by Monti casino kyk.

Die natuur is 'n pragtige wonder van God en as mens net tyd maak om ,om jou te kyk sal jy God se hande werk oral om jou raak sien.

1 comment: